Een Jaar Later

Waar was ek ‘n jaar terug? In my bed, besig om te slaap? Dalk was ek besig om iets op Netflix te kyk. Ek weet net ek het ‘n jaar terug nie veel met my lewe gedoen nie. Maar waar is ek nou? Ironies genoeg lê ek in die bed, ek is nie klas toe vandag nie, maar ek het ‘n geldige rede! Ek is siek met een of ander maag-ding wat rondgaan. Anders as dit, though, is ek beter af as ‘n jaar terug.

In die begin van die jaar, met die hulp van ‘n baie goeie vriend, het ek ‘n afspraak gemaak om ‘n psigiater te sien. Dit was eerlikwaar nerve-wrecking, maar ek het dit oorleef. More importantly het ek die medisyne gekry wat ek nodig het om beter te kan raak. Angs is ‘n helluva ding, en blykbaar is dit die angs wat my depressief maak. Met die angs onder beheer, is die depressie onder beheer.

Wat beteken dit vir my? Wel, eerstens, ek kan eintlik uit my kamer uit gaan. Ek kan self winkel toe gaan. Ek kan oproepe maak. Ek kan afsprake maak en daarby hou. Ek kan klas toe gaan, en nie voel of ek gaan doodgaan nie. Ek is minder kwaai. Ek het ‘n beter selfbeeld. Dinge oor die algemeen is net beter. Dit betekn nie ek is “cured” nie, net dat dinge onder beheer is. Natuurlik is daar nog slegte dae, maar dis niks soos wat dit ‘n jaar terug was nie. Ek wil actually lewe, en presteer met wat ek doen.

Ongelukkig is daar wel dele van my wat ek nog nie heeltemal teruggerky het nie: ek lees nie veel nie, ek skryf nog minder. Maar ek sal dit terugkry, stadig maar seker. Dinge gaan okay wees, en dis die eerste keer in jare wat ek dit weet en glo.

Dinge gaan okay wees.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s