onwaardig (1)

Inleiding – 23 Maart 2019

Ek staar na die brief wat onskuldig op my tafel lê. Ek weet wat dit is. Ek weet wat dit gaan sê. En steeds kan ek nie myself kry om dit oop te maak en eintlik te kyk nie. ‘n Groot deel van my wil huil oor die onreg – hoe het alles so skeef geloop? Die ander deel is net kwaad vir myself. Dis my skuld. Ek het alles opgefok en kyk nou waar ek sit. Ek loop nader aan die tafel en rus my hande lanks die koevert. My hande bewe en ek voel ‘n koue sweet wat oor my lyf uitbreek. Ek weet wat binne is, my hart is klaar verskeur. So hoekom kan ek nie net die verdomde ding oopmaak nie? Ek streel my finger oor my naam, my adres, en dan sak ek neer na die vloer toe. Ek is te swak.

 

Een
15 Mei 2016

15 Mei is ons twee-jaar liefdesherdenking. My en Andrê s’n, ek meen. Die afgelope twee jaar het onmoontlik vinnig verby gegaan. Op ‘n manier voel ek asof ek vir die meeste van hierdie twee jaar vas aan die slaap was. Ek hoor altyd daai frase wat sê dat tyd vinnig verby gaan wanneer jy pret het, maar het ek werklik pret gehad, of probeer ek net alles wat gebeur het te vergeet? Ek kan nie rerig met ‘n skoon gewete sê dat die afgelope twee jaar my beste was nie. Hel, ek het gesukkel om my kop bo die water te hou. Maar soos hulle sê: aanhouer wen.

André groet my met ‘n soentjie op die wang. ‘n Swak skoenlapper of twee wapper in my maag en dit neem al my energie om vir jom te glimglag. Hy neem my slap hand en lei my tot sy ma se ou rooi motortjie. Hy maak die passesiersdeur oop en help my by die kar in.
“Is ‘n piekniek reg met jou?” vra hy my. “Of is dit ‘n bietjie te veel?” Sy stem hang vir ‘n onsekere oomblik of twee in die lug. Selfs na alles waardeur ons al is – of eerder waardeur ek hom gesit het – wil hy nie hê ek moet myself te veel push en dan seerkry nie. André is nog altyd bedagsaam, en is bekend vir hoeveel hy vir ander omgee. Daardie eineskappe maak my hart pyn. Wat doen ek?

“Ja, dis fine,” antwoord ek uiteindelik en maak die deur self toe.
André klim by die bestuurderskant in en skakel die motor aan. Die eerste paar minute van die rut is heel stil. Na ‘n tyd begin André gesels. Dis niks te belangrik nie, meestal small talk. Hy klink heel gelukkig. Selfs deur die gesels konsentreer André hard op die pad. Hy is nog altyd ‘n bietjie van ‘n senuweeagtige bestuurder. Met my as passasier ry hy tog so versigtig as moontlik. Hy wil nie hê dat ‘n moontlikheid waar ek kan seerkry moet bestaan nie.
Ons arriveer by André-hulle se huis. Hulle bly al die pad in Gonubie, ‘n klein dorpie net buite Oos-Londen. Die gras onder my vloete is klam en dit wil-wil koud wees, maar ‘n groot kombers op die gras belowe warmte en droogte. Daar is geen romantiese kerse nie; in plaas daarvan is daar fairy lights en ‘n propvol piekniekmandjie. André se ou Golden Retriever, Lili, lê rustig uitgestrek langs die mandjie. Ek gaan sit op die warm, dik kombers. Met ‘n diep sug herrangskik Lili haarself sodat haar kop op my skoot rus. Dit maak my glimlag en ek vryf haar sagte oortjies tweyl ek vir André wag om ook te sit. Hy doen so ‘n paar sekondes later met ‘n glimlag. Sy kuiltjies maak my hart gloei. Sagte note van een of ander Pink Floyd lied speel vanaf ‘n ou, klein draadlose CD-speler. Die bekende klanke laat my dadelik ontspan. André maak die piekniekmandjie oop en haal die binnegoed, wat getuie is van hoe goed hy my ken, uit. Daar is ‘n pakkie Speckled Eggs, ‘n donker sjokolande, en ‘n bottel Robertsons rosè. Verder haal hy boksies Chinese kos uit. Laatstens het hy sy laptop wat hy uithaal en dan opstel om ‘n fliek later te kyk. My hart knyp en trane dreig om te val. Ek verdien nie André se liefde nie, en ek is aaklig. Ek weet nie hoe om aan André dankie te sê sonder om te verkrummel nie, so ‘n soen sal moet doen. Hy floreer onder daardie enkele soen en my hart breek selfs verder. André begin oor sy drome praat. Sy arms swaai in geanimeerde opgewondenheid, en sy pragtige almandel oë skitter met gelukkigheid en liefde. En al wat ek kan doen is aan iemand anders dink.

 

 

Twee – 18 Mei 2016

Eens op ‘n tyd, terug in graad 10, was my mental health so laag ek het gedink ek gaan verdrink. Alles verskriklik het daardie jaar gebeur, amper almal gelyktydig, en dit het vir my gevoel soos die einde van die wereld. En toe ontmoet ek hom.

André is en was my rots in elke sin van die woord. Hy is my vriend, my ondersteuner, my fan, en die liefde van my lewe. Ek dink ons verhouding het van die begin af floureer, al het ons eers ‘n jaar later begin uitgaan. Sonder André en sy liefde en ondersteuning sou ek beslis dood wees. Hy het aan my liefde, ondersteuning, omgee, en geduld gwys. Ek het altyd gevoel dat hy die enigste een is wat my gelukkig kon maak – al besef ek nou hoe onregverdig dit was van my om als op hom te sit. En hier is ek nou, drie jaar na ons ontmoeting en twee jaar in ons verhouding in. Ek is hopeloos verlief op André. Maar ek het iemand anders ook lief. Ek weet dit maak nie sin nie, en ek weet hoe fucked up dit is. Ek dog altyd mense wat sê hul het meer as een persoon lief is vol kak, maar nou weet ek dat dit onwaar is.

André weet. Sonder dat ek ‘n woord hoef te sê, weet hy. En ek maak hom dood.

Depressie settle in: koud, desperaat en onwelkom. Ek soek meer as ‘n uur na my lemme. Hopeloos sit ek nou op my bed en huil my oë uit, met ‘n gewone bottermes wat uselessly teen my vel kerf. My addiction is nie hier nie en ek gly weer.

Wattpad Link

Advertisements

2 thoughts on “onwaardig (1)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s