Januarie 2024

En net so is dit ‘n nuwe jaar. Welkom, 2024!

Ek besef ek skeep my blog heeltemal af. Ek het nie veel gehad om te sê die afgelope jaar of wat nie. Maar dis ‘n nuwe jaar, en ‘n nuwe begin. In meer as net een manier.

Ek en F het in November opgebreek. Ek was, en is seker steeds, heeltemal devastated. Die genesingsproses gaan stadig maar seker aan, en ek hou hoop dat ek binnekort weer heel sal voel.

Ek weet geen mens is verantwoordelik vir my geluk nie, net ek is, maar hy was so ‘n groot deel van my lewe dat ek dit moeilik vind om heeltemal gelukkig te wees. Ek weet nie mooi wie ek is sonder hom nie. Hy was nege jaar my kêrel, my beste vriend. En ek weet dit gaan tyd neem om beter te voel. Ek hoop net dat genesing gou sal kom.

Die tyd sal aanstap, en ek sal ook.

Ek moes uit trek, en bly nou vir ‘n ruk by my oudste suster. Dis goed om uit my ou plek uit te wees, weg van al die herinneringe. Die enigste regte slegte ding is dat my kat by F moes agter bly. Ek het nie ‘n werk nie, en so kan ek nie ‘n plek op my eie bekostig nie, en ongelukkig is daar nie plek by my sussie vir haar nie.

Ek glo dinge sal uitwerk, nes dit moet.

Ek hoop regtig dat 2024 beter sal wees as 2023. Dit was ‘n regtige kak jaar, en ek het nie ‘n goeie tyd gehad nie.

Mag 2024 minder kak wees!

Leave a comment