‘n Nuwe Begin in Pretoria

Ek het Donderdag (11 April) Pretoria toe getrek, van Kaapstad af.

Ek het lank in die Kaap gebly. Ek het vanaf Desember 2016 tot November 2021 in Stellenbosch gebly. Daarna het ek Kaapstad (Gardens) toe getrek vir ‘n jaar, en toe was ek vir ‘n jaar in Durbanville. So ek het vir ‘n redelike ruk in die area gebly. Ek gaan dit onsettend baie mis.

Ek het die laaste paar maande by my sussie en haar verloofde gebly, in Mouille Point. Hulle woonstel kyk uit op die see, en aan die ander kant is Tafelberg. Elke dag was visueel stunning gewees. Dit was ook lekker om my support system om my te hê. Ek het geliefd en supported gevoel. Ek gaan hulle almal mis.

Nou bly ek in Pretoria Noord, in ‘n klein granny flat. Die flat is so 2km weg van my pa-hulle af. Ek dink dit sal lekker wees om hom meer te sien. Dis ‘n bachelors’ flat, so daar is geen kamers nie, nie eers vir die badkamer deel nie. Alles is oop plan. Dis nogals klein. Ek voel nog nie heeltemal tuis nie, maar dis nou eers ‘n paar dae, en ek weet dit gaan tyd vat om behoorlik gemaklik te begin voel.

My goed is nog ‘n bietjie deurmekaar, en nie als is weggepak soos dit moet wees nie. Daar word nog ‘n bietjie werk aan die flat gedoen (verfwerk, goed soos dit), so dis redelik vuil en stowwerig. My sinusse is nie gelukkig nie. Ek sal wanneer hulle klaar is met die flat ‘n deep clean moet doen. Dis nodig. Die plekkie is nie perfek nie, maar watter plek is ooit?

Die eienaar en haar seun bly ook hier, reg langs die woonstel, asook ‘n ander oom en tannie wie ook hier huur. Die eienaar is baie betrokke met alles, en sy is verskriklik gaaf. Sy’s vriendelik, en sy en haar seun is baie behulpsaam. Ek dink ek’s heel lucky in hierdie opsig.

Ek mis my kat – sy is nog in Durbanville met my eks. Ek sal haar teen Augustus se kant weer by my hê, en ek kan nie wag nie.

Ek hoop hierdie trek na Pretoria toe sal die nuwe begin wat ek desperaat nodig het, wees. Ek is angstig met al die veranderinge, maar ek het hoop dat alles okay sal uitdraai. Ek moet net vasbyt. Aanhouer wen.

2 thoughts on “‘n Nuwe Begin in Pretoria

Leave a comment